PHS-boogskietspan is nasionale kampioene

Hoërskool Pietersburg (PHS) se boogskietspan is na afloop van die onlangse African Bowhunting Association (ABO) se Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Bronkhorstspruit as nasionale wenners aangewys. Dié Pietiespan kan opreg breëbors wees omdat dit die tweede agtereenvolgende jaar is wat hulle dié prestasie behaal. Hulle is tydens die kompetisie as wenners van die skole-afdeling aangewys. Die span …

Hoërskool Pietersburg (PHS) se boogskietspan is na afloop van die onlangse African Bowhunting Association (ABO) se Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Bronkhorstspruit as nasionale wenners aangewys.
Dié Pietiespan kan opreg breëbors wees omdat dit die tweede agtereenvolgende jaar is wat hulle dié prestasie behaal.
Hulle is tydens die kompetisie as wenners van die skole-afdeling aangewys. Die span bestaan uit Phil Fourie, Dylan Fletcher, Carla le Roux en Jean-Mari Mostert.
Phil, Dylan en Robert O’Reilly het ook vir Limpopo-kleure gekwalifiseer terwyl Jean-Mari Noord-Gauteng-kleure sowel as nasionale kleure verwerf het.
Pietie-skuts het een goue, twee silwer en een bronsmedalje tydens die kompetisie ingepalm.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Exit mobile version