NewsSchools

PHS-boogskietspan is nasionale kampioene

Hoërskool Pietersburg (PHS) se boogskietspan is na afloop van die onlangse African Bowhunting Association (ABO) se Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Bronkhorstspruit as nasionale wenners aangewys. Dié Pietiespan kan opreg breëbors wees omdat dit die tweede agtereenvolgende jaar is wat hulle dié prestasie behaal. Hulle is tydens die kompetisie as wenners van die skole-afdeling aangewys. Die span …

Hoërskool Pietersburg (PHS) se boogskietspan is na afloop van die onlangse African Bowhunting Association (ABO) se Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Bronkhorstspruit as nasionale wenners aangewys.
Dié Pietiespan kan opreg breëbors wees omdat dit die tweede agtereenvolgende jaar is wat hulle dié prestasie behaal.
Hulle is tydens die kompetisie as wenners van die skole-afdeling aangewys. Die span bestaan uit Phil Fourie, Dylan Fletcher, Carla le Roux en Jean-Mari Mostert.
Phil, Dylan en Robert O’Reilly het ook vir Limpopo-kleure gekwalifiseer terwyl Jean-Mari Noord-Gauteng-kleure sowel as nasionale kleure verwerf het.
Pietie-skuts het een goue, twee silwer en een bronsmedalje tydens die kompetisie ingepalm.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button