Kunstenaars maak sukses van Edupark se talentaand

Personeellede en vriende van Edupark het Vrydagaand gewys dat daar geen tekort aan talent by dié instelling is nie en gesorg vir ‘n aand van vermaak uit die boonste rakke. Dansers van Chimera Dansskool se Midde-Oosterse dansitems was die hoofdis van die aand en is afgewissel met sang- en musiekitems deur Edupark se hoof uitvoerende …

Personeellede en vriende van Edupark het Vrydagaand gewys dat daar geen tekort aan talent by dié instelling is nie en gesorg vir ‘n aand van vermaak uit die boonste rakke.
Dansers van Chimera Dansskool se Midde-Oosterse dansitems was die hoofdis van die aand en is afgewissel met sang- en musiekitems deur Edupark se hoof uitvoerende beampte, Jo Nel en programbestuurder vir spesiale kontrakte, Adri Williams wat die gehoor met nommers soos Amanda, Spanish Angels en Crazy bekoor het. Gaskunstenaar Donald MacDonald van Gauteng het gaste teruggeneem in die verlede met treffers van Billy Joel en Eric Clapton.
Nog ‘n hoogtepunt van die aand was ‘n eg Marokkaanse ete wat lamskenkels met komyn, knoffel, gemmer en ander eksotiese speserye, ‘n geurige hoendergereg, groentekerrie en groenboontjies met rooi uie ingesluit het.
Personeellede Rosina Vorster-Lamola en Robert Whitehead het verskeie komplimente ontvang vir die puik en omvattende spyskaart en die keurige wyse waarop dit aangebied is.
Volgens Williams was die doel van die funksie om plaaslike kunstenaars ‘n geleent­heid te gee om hul talent te wys en personeel en vriende van Edupark bymekaar te bring. “Dit was ‘n groot sukses en ons gaan dit beslis weer doen,” sê sy.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Mareke en Hein Lindeque, Jo Nel en Christo Albrecht in ligte luim by Edupark se talent­aand.
Personeellid van Edupark, Adri Williams, lewer ‘n sangitem.
Dansers van Chimera Dansskool, Nadine Olivier, Alta Pieterse en Adri Williams, voor, met Elsa du Plessis en Tracy Hattingh, agter, dra by tot die luister van Edupark se gesellige byeenkoms.
Exit mobile version