NewsSchoolsUpdate

Dié storie vat die beker

Review op 22 November lesers gevra of hulle dalk meer inligting het oor 'n trofee wat in Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se koshuisplafon ontdek is. Bietjie minder as 'n week later laat weet dr. Joost Heystek dat hy inligting het.

POLOKWANE – “Soos berig, is dit die administrateurs wisseltrofee. Hoewel die gravering dit nie spesifiek aandui nie, dui bykomende inligting daarop dat dié trofee jaarliks toegeken is aan die wenners van die gimnastiekkampioenskappe,” vertel hy.

https://www.citizen.co.za/review-online/285504/bring-die-beker-se-eienaar-huis-toe/

“In jaarblaaie van die Hoër Landbouskool Kuschke vind ons verskeie verklarende besonderhede. Dit stem ook ooreen met die gegraveerde inskripsies op die trofee.”

Hy vertel dat Kuschke reeds in 1956 met sukses deelgeneem het aan die Suid-Afrikaanse Junior Gimnastiekkampioenskap. “Bronne noem dat, benewens verskeie ander individuele prestasies, die skool se gimnastiekspan reeds in 1959 die administrateursbeker verower het. Onder leiding van Mike Engelbrecht, onderwyser aan Kuschke, het die skool se gimnastiekspan gereeld in kompetisies uitgeblink. Hoewel met ‘n beperkte leerlingtal, het hierdie relatief klein skool nogtans uitsonderlike prestasies behaal. Verskeie name verskyn op die lys van provinsiale en nasionale kampioene wat onder Kuschke se vaandel deelgeneem het.”

Kuschke Wenners van Administrateursbeker 1963 vir gimnastiek. Foto verskaf.

In 1961 het Kuschke weer met hierdie wisseltrofee weggestap maar die daaropvolgende jaar was Oos-Moot Hoërskool die wenners. Die administrateursbeker het in 1963 asook 1964 ‘n regmatige staanplek in Kuschke se trofeëkas gekry. Hierdie datums stem ooreen met die gravering op die beker.

“Loekie Olivier, voormalige onderwyser aan Kuschke, verwys na die prestasies van Dewald Victor, een van die talle besondere gimnaste gedurende die 60’s. Vanweë sý prestasies was Dewald lid van die Suid-Afrikaanse span wat in 1965 aan die Wêreld-Gimnaestrada in Wenen, Oostenryk, deelgeneem het. Engelbrecht het die Suid-Afrikaanse span as amptelike waarnemer vergesel.”

Dewald Victor saam met onderwyser Mike Engelbrecht. Foto: Verskaf.

Heystek vertel dat hy, nadat hy die berig gelees het, self begin navorsing doen het uit al die boeke in sy studeerkamer.

“Gegewens bevestig dus dat die trofee sekerlik betrekking het op gimnastiekprestasies van hoërskole in die destydse Transvaal-streek. Hoé dit op die ongewone plafon-bestemming beland het, is egter steeds ‘n raaisel.”

Dus is die raaisel nog nie 100% opgelos nie, maar weet ons darem nou dat dit vir gimnastiek was.

HTS Skoolhoof, Piet Holtzhausen, vertel dat hy bly is daar is al meer duidelikheid oor dié beker.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button