NewsSchools

Vrugte se kleure, geure en smake ontwikkel kleuters se sintuie

Dit was nie moeilik om kleuters van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum se aandag gevange te hou toe vrugte onlangs as die tema vir Vrydag se opvoedkundige sessie by die skool gekies is nie. Volgens klasonderwyser van die Speelbere, Elbé Maritz, is die eiesoortige kleure, geure en smake van druiwe, aarbeie en pynappel- en waatlemoenstukke gebruik om die …

Dit was nie moeilik om kleuters van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum se aandag gevange te hou toe vrugte onlangs as die tema vir Vrydag se opvoedkundige sessie by die skool gekies is nie.
Volgens klasonderwyser van die Speelbere, Elbé Maritz, is die eiesoortige kleure, geure en smake van druiwe, aarbeie en pynappel- en waatlemoenstukke gebruik om die woelige groep van ‘n gesonde leefstyl bewus te maak terwyl hul sintuie ontwikkel is.
“Hulle het speel-speel geleer om kleure uit te ken, terwyl dit interessant was om te sien hoe hulle die verskillende vrugte voel, ruik en proe.
“Sintuiglike ontwikkeling is baie belangrik vir kleuters en vrugte is ‘n uitstekende medium om te gebruik omdat dit smaaklik en kleurvol is en die aandag prikkel,” sê Maritz.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Klasonderwyser, Elbé Maritz maak seker dat Luan Bezuidenhout sy deel van die vrugte kry.
Die afwagting is groot terwyl die Speelbere gereedmaak om die verskeidenheid vrugte se kleure, smake en geure beter te leer ken.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button