Teddies vermaak ouma, oupa met sangtalent

Kleuters van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum het tydens hul onlangse jaarlikse Ouma en Oupadag vir groot opwinding in die AGS Taberna Dei Oos se kerkgebou gesorg. Die kerk was van hoek tot kant vol met gretige oumas en oupas wat hul kleinkinders op die verhoog wou sien. Gaste is deur skoolhoof, Linda Kruger, verwelkom waarna kleuters hulle …

Kleuters van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum het tydens hul onlangse jaarlikse Ouma en Oupadag vir groot opwinding in die AGS Taberna Dei Oos se kerkgebou gesorg.
Die kerk was van hoek tot kant vol met gretige oumas en oupas wat hul kleinkinders op die verhoog wou sien. Gaste is deur skoolhoof, Linda Kruger, verwelkom waarna kleuters hulle in klasverband op die verhoog tuisgemaak het.
Kleuters se ogies het vinnig hul grootouers in die gehoor opgespoor met ‘n waaiery en soetjiesblasery as gevolg.
Die groep kleuters het grootouers met ‘n verskeidenheid liedjies en gediggies wat hulle gedurende die jaar geleer het, beïndruk waarna hulle in die tuin met kol­wyntjies, koffie, tee en sap bederf is.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die oomblik is baie groot vir een van die kleuters wat hom aan al die mense verstom.
Dries van Zyl en Ean du Pont maak seker ouma en oupa sien hulle op die verhoog.
Exit mobile version