Local NewsNews

Bring die beker (se eienaar) huis toe!

"Ons is, ons is, weet julle wie... Ons is, ons is kan julle glo... Ons is, Ons is... 'n trofee sonder oorsprong!"

POLOKWANE – Terwyl dié kreet deur die jare heen op al wat skoolgrond en pawiljoen gehoor is en trofeë tydens atletiekbyeenkomste ingestroom het, het daar een trofee ‘n stille dood op die plafon van ‘n koshuis, gesterf.

Dié storie gaan oor die Administrateurstrofeekompetisie vir seuns in die destydse Noord-Transvaal.

Dié beker is verlede week in die plafon van een van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se koshuise, Rooibokkoshuis, gevind.

“Ons weet glad nie wat die beker se oorsprong was nie. Inskripsies daarop dui dat HTS Potch in 1951 en 1952 die trofee gewen het terwyl HTS Middelburg dit in 1954 gewen het. Die volgende datums is in 1961, 1963 en 1964 wanneer Kuschke dié trofee huistoe geneem het. Ons weet nie hoe dit by ons beland het nie, maar sal graag wil uitvind wat sy storie is,” vertel Piet Holtzhausen, Skoolhoof by Tom Naudé.

Nadat hy ‘n inskrywing op Facebook gemaak het, is kommentaar deur oudpersoneel en -leerders gelewer.

Calie van der Walt, oud-onderwyser vertel: “Die beker het beslis nie met rugby te make nie, want die datums en skole stem nie ooreen met die geskiedenis nie. Vermoedelik kan dit die gimnastiekbeker wees wat ons ook 1971 gewen het met Kuschke se naam wat wat drie keer daarop verskyn. Dirk Hannekom was daardie jare die adjunkhoof, asook die afrigter. Bertie van Rensburg het as opvolger baie hard probeer dat die sportsoort moet bly voortleef, maar dit het ‘n stille dood gesterf toe die klubs tot stand gekom het, ons weet nie van kompetisies wat daarna plaasgevind het nie. Die 1971-rugbyspan sal die trofee graag wil hê, hom met sjampanje vul om ons gloriejare te herdenk.”

Ander opsies is dat dit die trofee moontlik ‘n kadetbeker is.

As jy inligting het oor die naamlose reus in die silwerwarekas, skakel (015) 298 8710.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button