POLOKWANE – Vroeër hierdie jaar, met sy verjaarsdag, het Anru besluit om vir almal te vra om eerder geld as geskenke te gee, sodat hy dit aan renosterbewaring kan skenk.
Sy droom was toe om melkbotteltieties vir baba renosterste gee en ook geld vir die renosterpolisie. “Ek hou baie van renosters, hulle is mooi en ek wil graag saam met hulle speel,” vertel Anru.
Lees meer: Anru (6) daag jou uit op sy vejaarsdag
Soos die jaar aangestap het het sy drome nie veel verander nie en samel hy herwinbare produkte in, wat hy dan aan AntiWaste verkoop om dié geld dan aan renosterbewaring te skenk.
Op Maandagmiddag het hy en sy ouers, Angelique en Christo, 10 kg se plastiekbottels gaan aflaai.
“Ons het ongeveer ‘n maand gelede begin met die insameling en gaan dit aanhou doen. Die geld sal ons oor twee jaar aan die Limpopo Rhino Security Group oorhandig.
Iemand wat graag vir Anru wil help om sy droom te bewaarheid kan vir Angelique by 072 267 3993 kontak.