‘Loving Lilies’ versorgingseenheid het jou hulp nodig

Loving Lilies is 'n gemeesnskapsprojek wat op die been gebring is met die oog om die gemeenskap te betrek by die versorging van mense.

POLOKWANE – Ouderdom en siekte is vrees woorde vir baie mense. Of jy ryk of arm, man of vrou is, oud gaan jy oud word en siektes soos Alzheimers en Demensie is iets wat met oudword geasssosieer word.

Dikwels is familie nie altyd bevoeg om na hul sieklike geliefdes om te sien nie, aangesien dié geliefdes 24 uur versorging nodig het.

Loving Lilies is ‘n gemeesnskapsprojek wat op die been gebring is met die oog om die gemeenskap te betrek by die versorging van mense.

Dit is die breinkind van Marthie du Toit en Rene Robberts wie se harte lê by dié wat hulle die nodigste het.

“Ons wil graag hê mense moet aanbied om vrywillig na mense te kyk en hulle te versorg. Al is dit net ‘n uur ‘n dag of al lees hulle net vir die pasiënte. So dikwels kan mense nie help met die fisiese verpleging van die pasiënt nie, maar wel met die emosionele versorging,” vertel Marthie.

Sy vertel dat die raad van die organisasie uit die gemeenskap gaan bestaan en dat hulle verantwoorleik sal wees vir alle uitgawes.

“Ons sal gratis opleiding aan die versorgers gee en kort ook mense wat kan help met geldinsamelingsprojekte. Baie van die mense soek net geselskap.”

Om só ‘n versorgingsentrum te laat werk, kort daar geld, nie net geld om die permanente versorgers te betaal nie, maar ook geld vir ander uitgawes.

“Enige iemand is welkom by ons, van pasiënte wat beroerte gehad het tot kankerpasiënte. Vir Parkinsons en Alzheimers-pasiënte is ons ook ingerig.”

Belangstellendes wat as vrywilligers wil werk, of op die raad wil dien, kan vir René kontak by 082 261 3163.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version