Hoe was skool in jou tyd?
Review het met die oog op leerders wat besig is met hul laaste skooleksamen gaan gesels met mense wat reeds 'n paar jaar uit die skool is oor hoe ander dinge "daardie tyd" was.
Lea Basson vertel dat dinge in haar skooltyd baie makliker was. "Dinge was eenvoudiger en daar was meer tyd vir regtig speel tussen al die werk en sport deur." Sy vertel dat almal verplig was om by die skoolfunksies soos interhoër te wees. Baie meer kinders het ook met hul fietse skooltoe gery. Die skool was ook baie streng oor skooldrag," vertel sy.