Local NewsNews

Bjarne sing land aan die brand

Iewers in 'n jong kunstenaar se lewe droom hy of sy daarvan om skouers te skuur met groot name in die musiekbedryf.

POLOKWANE – Ongelukkig kry nie elke jong kunstenaar diĆ© geleentheid nie.

Een kunstenaar wat wel so gelukkig was om sy drome te laat waar word, is die 21-jarige Bjarne Mallison.

Bjarne, wat in Polokwane gebore is en in Musina groot geword het, het onlangs op JukeBox op KykNet verskyn nadat hy in ‘n musiekvideo, Kalimera saam met Bianca le Grange, Loukmaan Adams en Hemelbesem gesig gewys het.

Review het by hom gaan kuier om meer van hom te wete te kom.

“Ek het tuisonderrig ontvang en myself leer sing en musiek skryf. Ek was ses toe ek in my ouers se sitkamer met musiek begin het.”

Hy vertel dat hy geen formele musiekopleiding gehad het nie. Sy ouers het destyds in Bosveld Lapa gewerk en hy vertel dit is hier waar sy liefde vir musiek begin het.

“Ek kan enige instrument bespeel. Ek vat hom net en speel. Afrikaans en pop-musiek is my gunsteling. Afrikans is immers my taal en ek is trots daarop.”

Hy het voorheen ook hip-hop musiek beoefen en vertel dat hy al die land vol gesing het. Hy tree gereeld in plaaslike kroƫe op.

“Die maak van Kalimera was baie lekker. My produsent, Wicus Struwig is ‘n wonderlike, talentvolle mens. Ek is tans besig om ‘n nuwe CD op te neem. In 2016 het ek ‘n Afrikaanse kletsrym-CD opgeneem.”

Wanneer jy hon vra waaroor sy musiek gaan, antwoord hy gemaklik dat dit oor die liefde gaan.

“Dit gaan oor dinge wat vir my sin maak. Ek is my eie inspirasie en kan na geen ander sanger luister nie. My gunsteling musiek is my eie.”

Sy raad aan ander jong mense is om net aan te hou glo dat hulle dit wat hulle wil bereik, kan bereik.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button