Vele om uit te kies by skool se entrepreneursdag

Die graad 6-leersers het verlede Vrydag nie teleurgestel toe hulle ‘n verskeidenheid eet- en drinkgoed by Akademie Reformia se entrepreneursdag aangebied het nie. Lekkers, koel­drank, pannekoek, stokworsies en roomys wat die tafels laat kreun het, is vinnig verkoop. Die worsrolle en pizza’s was die gewildste items. Graad 6-onderwyser en mede-organiseerder, Carla Fourie, sê die verkoping …

Die graad 6-leersers het verlede Vrydag nie teleurgestel toe hulle ‘n verskeidenheid eet- en drinkgoed by Akademie Reformia se entrepreneursdag aangebied het nie.
Lekkers, koel­drank, pannekoek, stokworsies en roomys wat die tafels laat kreun het, is vinnig verkoop. Die worsrolle en pizza’s was die gewildste items.
Graad 6-onderwyser en mede-organiseerder, Carla Fourie, sê die verkoping is gehou om leerders se entrepreneursvaardighede te ontwikkel en hulle te leer hoe besigheid op klein skaal werk. “Hulle het dit geniet om hul klante te bedien al was dit vir party hul eerste ondervinding.”
Die opbrengs van die verkoping word vir die graad 7-afskeidsfunksie aangewend.

Storie en foto’s: Herbert Rachuene
>>herbert.observer@gmail.com

Graad 6-leerkrag, Carla Fourie, middel, met Lukas van Ree en René van Greuning by die entrepreneursdag.
Celma Becker en Chané Pretorius, graad 2, smul aan stokworsies en lekkergoed.
Timmezane Andrin gooi tamatiesous op skoolhoof, Hennie Combrink se stokworsie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version