NewsSchools

Redenaarspanne presteer nasionaal

Die graad 5- en 7-span van Pie­tersburg Laerskool het uitstekend gevaar deur onder die top vyf in die land te eindig tydens die onlangse radikale redenaarsfinaal wat by Hoërskool Garsfontein gehou is. Die graad 5-span met die tema ‘Kaas help om stres te verminder’ is as naaswenners aangewys terwyl die graad 7-span met “Google weet …

Die graad 5- en 7-span van Pie­tersburg Laerskool het uitstekend gevaar deur onder die top vyf in die land te eindig tydens die onlangse radikale redenaarsfinaal wat by Hoërskool Garsfontein gehou is.
Die graad 5-span met die tema ‘Kaas help om stres te verminder’ is as naaswenners aangewys terwyl die graad 7-span met “Google weet nie alles nie” ‘n derde plek verower het.
Li-Mei Wessels het met haar tema ‘Vingers’ individueel deelgeneem en ‘n algehele agtste plek verower.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die graad 5-redenaarspan is naaswenners. Voor is Biyanique Erwee, Dominique Faul, Carmen Henwood en Lohandi Schutte. Afrigters, Marisa Wepener en Annelie Vertongen, is agter.
Die graad 7-span eindig algeheel derde. Spanlede is Justin Basson, Nicole Fick, Elandri Spies en Larochelle Evert. Agter is afrigters, Charlotte van
den Berg en Reinette van der Vyfer.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button