Osies spog met medaljes na Super 12-swemtoernooi

Swemmers van Laerskool Pietersburg-Oos het tydens die onlangse Super 12-swemtoernooi in Randburg verskeie medaljes verower. Juan Randall, o.10, het drie eerste plekke in vryslag, vlinder­slag en individuele wisselslag behaal terwyl Wian du Plessis, o.9, ‘n goue medalje in die 25 m borsslag behaal het. Ruan Potgieter, o.11, het twee seges in die 50 m vryslag …

Swemmers van Laerskool Pietersburg-Oos het tydens die onlangse Super 12-swemtoernooi in Randburg verskeie medaljes verower.
Juan Randall, o.10, het drie eerste plekke in vryslag, vlinder­slag en individuele wisselslag behaal terwyl Wian du Plessis, o.9, ‘n goue medalje in die 25 m borsslag behaal het.
Ruan Potgieter, o.11, het twee seges in die 50 m vryslag en borsslag behaal terwyl Marinus Schrader, o.12, ‘n bronsmedalje in die 25 m vlinderslag ontvang het. Adriaan du Plessis, o.8, het ‘n bronsmedalje in die 25 m vryslag los geswem.

Storie en foto: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Exit mobile version