VIDEO: Oepsie, daar gaan die ballon!

Oepsie Daisy het onlangs by Akademie Reformia se Kleuterskool, Klein Begin, kom kuier waar sy die kleuters geleer het hoe lekker wetenskap kan wees.

POLOKWANE – Oepsie se probleem was dat sy te moeg was om ‘n ballon op te blaas en hiervoor het sy dus die kleuters se hulp ingeroep.

In haar baadjiesakke, wat altyd vol wonderlike ‘towergoed’ is, het sy asyn en koeksoda gekry.

Die kleuters het haar gehelp om te leer hoe om dié twee items saam te gebruik om die ballon op te blaas.

Kyk gerus hoe sy en die klein slimkoppe die ballon opblaas.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version