POLOKWANE – Oepsie se probleem was dat sy te moeg was om ‘n ballon op te blaas en hiervoor het sy dus die kleuters se hulp ingeroep.
In haar baadjiesakke, wat altyd vol wonderlike ‘towergoed’ is, het sy asyn en koeksoda gekry.
Die kleuters het haar gehelp om te leer hoe om dié twee items saam te gebruik om die ballon op te blaas.
Kyk gerus hoe sy en die klein slimkoppe die ballon opblaas.