Adel Cato herstel goed, begin met rehabilitasie

Adel Cato, die 20-jarige Tukkiestudent wat op 16 Julie deur 'n motor getref is in Pretoria, het die afgelope twee weke goeie vordering gemaak nadat sy 11 weke in 'n koma was.

POLOKWANE – Adel het breinskade opgedoen en daarna ook ‘n beroerte gekry weens bloeding op die brein.

Volgens haar pa, Frank, het sy verlede week begin met rehabilitasie sodat sy weer kan leer loop en praat en eet. “Die dokters is baie positief dat sy moontlik volkome kan herstel,” vertel Frank.

Adel Cato het verlede week met rehabilitasie begin.

Adel het die gebruik van haar regterarm en been verloor. Sy kan tans vir lang rukke regop sit.

Sy gaan tans naweke huistoe maar gaan Maandae terug vir rehabilitasie gedurende die week, wat tans behandeling deur drie terapeute asook ‘n sielkundige behels.

“Sy praat nou ‘n bietjie, maar sommige woorde kom nie mooi uit nie. Sy gebruik ook haar linkerarm, maar kan nie loop nie. Die dokter is baie tevrede met haar vordering die laaste twee weke,” vertel Frank.

“Sy het egter baie skade opgedoen en die rehabilitasieproses kan lank duur.”

Adel se kort-en langtermyngeheue is steeds aangetas maar sy het die rehabilitasieproses ernstig aangepak.

Die herstelperiode kan 12 tot 24 maande duur.

Die gesin bedank alle belangstellendes vir hul omgee, liefde, getroue ondersteuning en voortdurende gebede.

Vir diegene wat moontlik kan help met bydraes tot haar rehabilitasieproses, enige bydraes sal opreg waardeer word. Geldelike bydraes kan inbetaal word in die volgende rekening:

Bankbesonderhede:

• Bank: Nedbank Rustenburg.

• Takkode: 160 746.

• Rekeningnommer: 1029 433 623.

• Verwysing: Adel Cato C00045.

Alle bewyse van betaling kan gestuur word na adelcatotrustfonds@gmail.com.

As alternatief kan bydraes ook inbetaal word op die volgende webblad: https://www.backabuddy.co.za/adels-road-to-recovery.

Die familie bedank almal wat reeds skenkings gemaak het en/of funksies gehou het om geld in te samel vir Adel se rehabilitasie. Dit word opreg waardeer.

nelie@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version