Jong entrepreneurs leer eerstehands oor wins
Laerskool Pietersburg-Oos se graad 1-leerders het tydens verlede Vrydag se entrepreneursdag hul eerste praktiese ervaring van die sakewêreld gehad. Die jongspan, bygestaan deur hul ouers, het met groot entoesiasme hul ware aan die res van die leerders aangebied. Gemeet aan die groot hoeveelhede lekkers, pankoekskywe, warmbrakke, roomys, boereworsrolle, koeldrank en pizzas wat verkoop is was …
Laerskool Pietersburg-Oos se graad 1-leerders het tydens verlede Vrydag se entrepreneursdag hul eerste praktiese ervaring van die sakewêreld gehad. Die jongspan, bygestaan deur hul ouers, het met groot entoesiasme hul ware aan die res van die leerders aangebied. Gemeet aan die groot hoeveelhede lekkers, pankoekskywe, warmbrakke, roomys, boereworsrolle, koeldrank en pizzas wat verkoop is was die dag ‘n groot sukses.
Gerda-Marie Jooné, graad 1-onderwyser en organiseerder was baie tevrede met die verloop van die dag. Volgens haar was die doel om die leerders so jonk as moontlik aan entrepreneurskap bloot te stel. “Ons wou hê hulle moet verstaan hoe besigheid werk en hoe wins gemaak word. Die leerders het dit geniet en baie geleer. Ek voorsien dat die groep nog bekende sakelui kan oplewer.”
Die leerders moet 10% van hulle wins aan die skool afstaan vir die opgradering van die skool se sportfasiliteite.
Foto’s: Herbert Rachuene
>>herbert.observer@gmail.com