Local NewsNews

LUISTER: Melinda se stem bekoor die gehoor

Selfs in die donker, sonder die nodige musiekinstrumente, slaan Melinda van Rooyen haar gehoor se asems weg.

POLOKWANE – Dit is Saterdagaand en buite reën dit. Gaste wat na Melinda se CD-vrystelling kom luister het, word deur ‘n donker, doodstil saal begroet, maar Melinda stel almal gerus dat dit net ‘n hobbel in die pad is en nie ‘n berg nie.

Melinda droom reeds 19 jaar van hierdie aand en na twee jaar se harde werk en baie bid, soms moed opgee en ander kere moed inpraat, stel sy haar eerste CD bekend.

Hier is ‘n paar uittreksels van waar sy sing, eers waar sy in die donker sonder musiekinstrumente sing, en die tweede deel waar sy saam met die instrumente sing.

Haar orkes wat haar musikaal ondersteun bestaan uit Jan en Daleen Curtin, Hainrich Faber, Stefan Ebersohn, Rudolf Pretorius, Tebogo Moutlana, Christiaan Kuhn en Frank van der Merwe. Wicus Struwig het die klank behartig.
maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button