[VIDEO] Gedenkloop by Polokwane-atletiekklubs vir Bantjes-gesin
Die bekende Bantjes-egpaar, Pierre en Erika is onder die 28 oorledenes wat in ‘n gru-ongeluk op die N1 Vrydag oorlede is.
POLOKWANE – Atletiekklubs van Polokwane het vroeg Sondagoggend bymekaargekom om ‘n gedenkloop te doen ter herinnering aan Erika en Pierre Bantjes wat Vrydag in die gru-ongeluk op die N1 oorlede is.