Annalize: verpleging is haar roeping

Wanneer 'n mens siek voel of herstel na 'n operasie, het jy verpleegpersoneel nodig wat regtig omgee. Een só persoon is Annalize Joubert, bestuurder by House of Good Hope.

POLOKWANE – Die House of Good Hope se deur maak binnekort oop.

Annalize vertel dat sy haar hele lewe lank net wou verpleeg en dat dit haar passie is.

“Ek het na skool my verpleegopleiding by 1 Millitêre Hospitaal voltooi. My passie lê by intensiewe sorg en ek het by Unitas se Kardiotoraks Intensiewesorgeenheid begin werk.”

Annalize is getroud met Thinus en in 1992 verhuis hulle na Polokwane waar Annalize by Hospiplan, nou Mediclinic Limpopo, begin werk het. “Ek het in die intensiewe sorgeenheid gewerk en in 1998 het ek my diploma in intensiewe sorg met spesialisering in kardiotoraks gedoen. Daarna was ek eenheidsbestuurder tot ek in 2005 na Saudi Arabië is om te gaan kyk hoe ander lande in die mediese bedryf werk. Dit was altyd my droom om daar te gaan werk, en my man het my ten volle ondersteun. Hy het na ons twee jong seuns gekryk terwyl ek vir drie jaar weggewerk het.”

In 2018 het sy teruggekeer na Suid-Afrika waar sy by verskillende hospitale gewerk het. “Pholosho Netcare het my genader vir ‘n pos in hulle intensiewe sorgeenheid. Ek is gek ook uitdagings en in 2016 is ek aangestel as kliniese fasiliteerder vir gespesialiseerde eenhede. Ek wou egter niks anders doen as verpleeg nie en hierdie jaar het die geleentheid om die House of Good Hope oop te maak aan my deur kom klop. Daar is soveel planne en ek is opgewonde vir dit wat voorlê.”

In haar vrye tyd spandeer Annalize tyd saam met haar familie en sy vertel dat sy graag hardloop om haar kop skoon te kry.

Lees meer in die Review oor House of Good Hope.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version