Local NewsNews

BREAKING NEWS – Bekende egpaar van Polokwane sterf in gru-ongeluk

‘n Botsing op die N1-Noord naby Kranskop waarin 27 mense vroeër vanmiddag (Vrydag) dood is, het ook die lewe van ‘n bekende egpaar van Polokwane, Pierre en Erika Bantjes geëis. Departement van vervoer en gemeenskapveiligheids-woordvoerder, Matome Moremi-Taueatsoala, sê verskeie voertuie insluitend ‘n vragmotor en ‘n minibustaxi was in die botsing betrokke. 25 mense in die …

‘n Botsing op die N1-Noord naby Kranskop waarin 27 mense vroeër vanmiddag (Vrydag) dood is, het ook die lewe van ‘n bekende egpaar van Polokwane, Pierre en Erika Bantjes geëis.
Departement van vervoer en gemeenskapveiligheids-woordvoerder, Matome Moremi-Taueatsoala, sê verskeie voertuie insluitend ‘n vragmotor en ‘n minibustaxi was in die botsing betrokke. 25 mense in die minibus en die Bantjes-egpaar in die ander voertuig het omgekom terwyl vier ernstig beseer is.
Volgens hom het die vragmotor, wat in ‘n suidelike rigting onderweg was, se voorste band gebars waarna die bestuurder beheer verloor en voor aankomende verkeer beland het.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe, sê ‘n saak van strafbare manslag word ondersoek terwyl die proses om al die slagoffers te identifiseer voortgaan.

Storie: RC Myburgh

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button