Dubbel geluk vir Hoërskool Pietersburg se krieket

Die Limpopoliga-krieketfinaal is Saterdag, 13 Oktober op PHS se velde gespeel.

POLOKWANE – Beide die o/15 en eerstespan het in die finaal gespeel en die skool se naam hoog gehou.

Beide spanne het daarin geslaag om hulle onderskeie wedstryde te wen en PHS spog vanjaar met die wen trofeë. Dié prestasie gebeur nie elke jaar nie en na ‘n lang droogte het die krieketseuns dit laat bekers reën.

Die eerstespan het in die finaal teen Hoërskool Merensky gespeel en met vyf paaltjies gewen.

Louis Nel in aksie as een van PHS se eerstespan bowlers.

Die o/15A-krieketspan het in die finaal teen Hoërskool Ben Vorster gespeel en met twee paaltjies gewen.

LJ Fick en Glen Groenewald sit lopies vir PHS op die telboed.

Beide die o/15A en eerstespan dring deur na die Noordvaal Toernooi.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version