Local sportNewsSchoolsSport
Dubbel geluk vir Hoërskool Pietersburg se krieket
Die Limpopoliga-krieketfinaal is Saterdag, 13 Oktober op PHS se velde gespeel.
POLOKWANE – Beide die o/15 en eerstespan het in die finaal gespeel en die skool se naam hoog gehou.
Beide spanne het daarin geslaag om hulle onderskeie wedstryde te wen en PHS spog vanjaar met die wen trofeë. Dié prestasie gebeur nie elke jaar nie en na ‘n lang droogte het die krieketseuns dit laat bekers reën.
Die eerstespan het in die finaal teen Hoërskool Merensky gespeel en met vyf paaltjies gewen.
Die o/15A-krieketspan het in die finaal teen Hoërskool Ben Vorster gespeel en met twee paaltjies gewen.
Beide die o/15A en eerstespan dring deur na die Noordvaal Toernooi.