Local sportNewsSchoolsSport

Hoërskool Pietersburg hokkie sit hul beste stok voor

Die Pieties-hokkiespan het onlangs die Polokwane Hokkieklub 7's toernooi gewen.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg (PHS) se hokkiespelers, Jos Fouché, Thomas Wasserman, Eli Ströh, Jacques Vermaak, Louis Nel, Elizabeth Venter, Bernice Wagner, Chene van der Merwe en Christine Rossouw, het gewys dat, of dit nou vir die skool, of vir die provinsie is hulle hulle harte uitspeel op die hokkieveld. Die Pieties-hokkiespan het onlangs die Polokwane Hokkieklub 7’s toernooi gewen.

Dié Pieties het skoonskip gemaak, deur hierdie jaar se 7’s toernooi, wat aangebied is deur Polokwane Hockey by PHS se astroturfbaan te wen.

Jos Fouché het met Review gesels oor die toernooi.

Spanne wat bewus is van die toernooi het ingeskryf, hulle het die organiseerders gekontak, spanlyste deurgegee en dan of elektronies of in persoon die inskrywingsgeld betaal. Dan die dag van die toernooi kry elke span ‘n afskrif van die spelrooster. Elke span speel op een of ander stadium teen mekaar. Die twee spanne wat dan die meeste punte het speel teen mekaar om die wenner te bepaal.

“Die lekkerste vir my was om vrienskappe te bou met ander spelers. Al was hulle van ander skole of selfs ander lande. Hokkie is een van die sportsoorte waar almal gewoonlik oor die weg kom,” vertel Jos.

Jos vertel hul afrigter, Dewald Oerlemans het baie moeite gedoen om ekstra tyd te maak om te oefen. “Ons het self laataand en vroegoggend geoefen. En omdate almal so lief is vir die sport, het hulle moeite geodne om die oefeninge by te woon. Dit was moeilik om ‘n balans te kry tussen skoolwerk, matriek-lewe en sport,” vertel Jos.

As jy vir enige senior hokkiespeler vra waar speel mens ‘regte hokkie’ sal almal se antwoord wees: Op PHS se astroturfbaan. Die kwaliteit van hokkie op die astroturfbaan in myle beter as die van ‘n grasbaan. Beter tegnieke en vaardighede kan geleer word op die astrobaan waar dit byna onmoontlik is op gras.”

Uitslae:

Pieties wen All Stars 7-1

Pieties wen Blue Raptors 5-2

Pieties wen Panthers 4-1

Pieties speel gelykop teen Social Giants 1-1

Pieties wen Marvel Heroes 6-0

Pieties wen Here for Beer 5-3

Pieties verloor teen Khakibos kamele 3-2

Pieties wen Panthers 3-2

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button