Onderwyser eers na vyf weke veras weens rompslomp

Terwyl die De Beer-familie nog ‘n geliefde se dood moet verwerk en afsluiting probeer kry, is hul vir weke van bakboord na stuurboord gestuur as gevolg van rompslomp en onbeholpendheid. Anna de Beer, ‘n onder­wyser aan Northern Academy Primary School, is op 4 September 2018 in die Jakaranda Hospitaal in Pretoria oorlede nadat kolonkanker in …

Terwyl die De Beer-familie nog ‘n geliefde se dood moet verwerk en afsluiting probeer kry, is hul vir weke van bakboord na stuurboord gestuur as gevolg van rompslomp en onbeholpendheid.
Anna de Beer, ‘n onder­wyser aan Northern Academy Primary School, is op 4 September 2018 in die Jakaranda Hospitaal in Pretoria oorlede nadat kolonkanker in Februarie by haar gediagnoseer is. Haar toestand het die maand voor haar dood drasties verswak nadat die kanker versprei het en haar ander organe aangetas is.
Twee dae na haar dood is haar liggaam deur Avbob in die stad van Pretoria na Polokwane vervoer waarna ‘n eindelose oor-en-weer-pratery tussen Avbob, die staatspatoloog, dr Moshibudi Juliut Selathole, die Jakaranda Hospitaal se kommunikasie-afdeling en Independent Crematoriums South Africa (Icsa) oor uitstaande dokumentasie plaasgevind het.
Terwyl ‘n hartseer en ontnugterde Johan Maandag nog gesê het sy vrou is steeds by Avbob en hulle kry geen antwoorde nie, het ‘n verteenwoordiger van Avbob uiteindelik die volgende dag in ‘n kliniese brief die familie soos volg meegedeel: “Ek wil jou graag net in kennis stel dat jou ma se liggaam vanmiddag vervoer is na Kemptonpark na Avbob se krematorium waar sy veras sal word. Die bestuurder by die krematorium het aan my gesê dat hy elke Maandag Pretoria toe gaan om al die asse daarheen te vat en sal dit dan by ons tak by Pretoria-Wes aflaai waar jy dit kan gaan afhaal. Baie sterkte vir julle as familie en ek bid dat God met julle sal wees in hierdie tyd.”
“Baie vreemd hoe Avbob die probleem van vyf weke skielik binne ‘n halwe dag kon uitsorteer,” het Cilliers, een van die seuns gister (Woensdag) aan Polokwane Observer gesê. Marietie Louw-Carstens het in Beeld wat Maandag verskyn het, daaroor berig.
‘n Herdenkingsdiens het reeds op 8 September plaasgevind en die veras­sing het gister (Woensdag) in Kemptonpark plaasgevind.

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Lees meer: Anna de Beer het baie liefde in haar hart vir leerders gehad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version