[VIDEO] Bejaardes ontvlug na kaping

'n Bejaarde paartjie is Saterdag in die vroeë oggendure by 'n bekende garage naby die industriële gebied in Mokopane gekaap en van hul kar beroof wat later weer gevind is.

MOKOPANE – In ‘n video wat op sosiale netwerk versprei is, word daar gesien hoe ‘n verdagte die bejaarde man agter die stuur van die stilstaande motor dwing met ‘n wapen. Die bejaarde vrou klim uit die passasierkant en gryp haar persoonlike besittings. Die verdagte jaag toe weg met die voertuig nadat die bejaarde man ook uit die kar geklim het.

Volgens Kolonel Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder van die polisie beweet die bejaarde man dat hy sy kar parkeer het by die brandstofstasie en gewag het vir ‘n joggie om hom te help.

Dit is toe dat die verdagte hom met ‘n geweer uit die kar dwing. Die Hundai met registrasie nommer CDY 919L is later dieselfde dag in Tsamahansi gevind.

Lees Bosveld die aanstaande week vir volledige storie.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version