Seksuele gesindheid en soonheid

'n Paar tienermeisies het Vrydag 'n konferensie bygewoon waartydens hulle toegespreek is deur verskillende sprekers oor onderwerpe wat net vir hulle bedoelis.

POLOKWANE – Hierdie jong dames is van Hoop vir Kinders asook die Polokwane Kinder-en gesinsorg.

Een van die sprekers was Santie Beeslaar wat met hulle gepraat het oor hul liggame, seksualiteit en sensualiteit. Santie vertel sy het ‘n sagteplek en groot liefde vir tieners.

“Ouers moenie skaam wees om hulle kinders van seks te leer nie en kinders moet die vrymoedigheid hê om vir hulle ouers vrae te vra.”

Santie vertel ook wat die verskil tussen sensuliteit en seksualiteit is.

“Sensualiteit is die uitdrukking van jou lyftaal, soos wanneer jy jou lip byt of jou hare swaai en jou oë fladder. Seksualiteit is jou gevoelens en gedagtes, wanneer jou maag vol skoenlappers is en jou hele lyf bewe wanneer jy ‘n aantreklike outjie sien.”

Santie het ook met die meisies gepraat oor skoonheid, veral innerlike skoonheid.

“Hoe jy buite lyk vervaag na ‘n ruk, maar innerlike skooneheid raak al hoe mooier. Dit is wanneer jy opreg en eerlik is, wanneer jy jouself minder ag as ander.”

Verder het sy die meisies meer vertel oor persoonlike higiëne tydens hul tienerjare asook van borskanker.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version