NewsSchools
Musiekfees 2018 ‘n kleurvolle extravaganza
‘n Volgepakte saal was verlede Donderdagaand tydens Erica Pre-primêre Skool se Musiekfees 2018 ‘n bewys dat ouerbetrokkenheid by dié skool sterk staan. Die konsert het met die Eendjieklas se items, Seerower, Paddakonsert en ‘Try everything’ afgeskop, terwyl die Olifantklas se weergawes van ‘Blue suede shoes’, ‘Shake, rattle and roll’ en Januarie, Februarie, Maart een van …
‘n Volgepakte saal was verlede Donderdagaand tydens Erica Pre-primêre Skool se Musiekfees 2018 ‘n bewys dat ouerbetrokkenheid by dié skool sterk staan. Die konsert het met die Eendjieklas se items, Seerower, Paddakonsert en ‘Try everything’ afgeskop, terwyl die Olifantklas se weergawes van ‘Blue suede shoes’, ‘Shake, rattle and roll’ en Januarie, Februarie, Maart een van die laaste items was. Die Hasies, Sebras, Bere en Kameelperde het hul deel gedoen en die Skilpaaie, Renosters en Leeus se veelkleurige uitrustings het aandag getrek. Skoolhoof, Monja Groenewald, sê die kleuters het toegewyd aan die musiekfees geoefen.
Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com