Local NewsNews

Drie sterf in trompop botsing op N1

Terwyl familie en vriende steeds die dood van hul geliefdes in twee afsonderlike busongelukke op die N1-snelweg die afgelope twee weke verwerk, is nog drie mense Dinsdag­oggend in ‘n botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n sedan net buite Louis Trichardt dood. Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe, het bevestig dat ‘n saak van strafbare manslag ondersoek word. …

Terwyl familie en vriende steeds die dood van hul geliefdes in twee afsonderlike busongelukke op die N1-snelweg die afgelope twee weke verwerk, is nog drie mense Dinsdag­oggend in ‘n botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n sedan net buite Louis Trichardt dood.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe, het bevestig dat ‘n saak van strafbare manslag ondersoek word. Die botsing het ongeveer 04:00 gebeur toe ‘n sedan wat met drie insittendes in ‘n suidelike rigting onderweg was, trompop teen ‘n aankomende vragmotor gebots het. Dié drie, tussen die ouderdomme van 22 en 30, is opslag dood en almal in die vragmotor is ongedeerd, volgens Ngoepe.
Die botsing volg op ‘n insident toe ‘n sedan Maandag omstreeks 11:00 sowat 20 km buite Polokwane op die N1-Noord omgeslaan het. Volgens Netcare 911-woordvoerder, Shawn Herbst, het die bestuurder glo beheer oor die voertuig verloor waarna dit omgeslaan het.
Al vyf insittendes het geringe beserings opgedoen en is na ‘n plaaslike hospitaal vir behandeling vervoer.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button