Local NewsNews

VIDEO: ‘n Glibberige ontmoeting

Met die warm weer is slange ook meer aktief en inwoner is ook meer versigtig. Hans Zimmerman het na sy hond, Bullet gaan soek, maar die soektog het 'n glibberige einde gehad.

POLOKWANE – “Ek weet dis warmer en waar ek bly is daar baie slange en ek het geweet my hond ken nie slange nie,” vertel Hans.

Hy vertel hy het begin soek en loop en roep en by die sementdam by die Drift het hy iets in die water gesient. Hy kon sien dis ‘n slang en het hom vir so rukkie dopgehou.

“Ek het gesien die slang probeer uit die dam kom, ek het gesien hy begin dryf en toe besluit daar is geen ander uitweg, ek moet in die dam klim,” vertel hy.

Hans het sonder huiwer in die dam geklim en eers met ‘n stok en lap die slang probeer help na die oppervlak. Toe dit nie werk nie het hy met sy hande die slang gevang en uit die water gehaal.

“Ek ken nie regtig mense wat slange vang nie, ek was bekommerd oor die slang en nie geweet wat sal gebeur as hy in die dam moes bly nie,” vertel Hans.

[WAARSKUWING: KRU-TAAL]

Hy het die 6 m bielie uit die dam gehaal en hom in die oop veld naby sy huis laat gaan.

“Ek het eers na die tyd daaraan gedink dat ek bietjie roekeloos was om sommer net so in te gaan, maar al wat ek wou doen is die slang red. Ek het al met ander slange te doen gekry maar diĆ© was verseker die grootste een. Hy grap dat hy liewer nie mense sal aanraai om hom te skakel as hulle ‘n slang gewaar nie, want hy is eintlik baie bang vir hulle.”

Hans se hond het later veilig by die huis aangekom.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button