Kuier gerus by dié Lentemark

As jy nog nie 'n draai by N.G.-Oosgemeente se Lentemark en Geskenketrommel gemaak het nie, raak die tyd nou min.

POLOKWANE – Die mark duur tot Saterdag, 29 September.

Soggens gooi die uitstallers die deure oop vanaf 10:00 en jy kan jou in die heerlikhede verlustig tot 19:00 daagliks.

Daar is meer as net uitstallings. Tussendeur al die stalletjies, stokperdjie-uitstallings, ‘n koffiewinkel en die jenewerproestalletjie, sal jy ware gasvryheid ontdek in ‘n familie-atmosfeer.

Die afgelope Saterdag is daar ook ‘n paar heerlike pryse uitgeloot. Groot geskenkbewyse was te wen, onder meer ‘n weeklange wegbreek in Hazyview.

Dié prys is opgeraap deur ‘n gelukkige Gershwin van Tonder. Hy het aan Review gesê dit is die eerste keer dat hy ‘n vakansie wen.

“Inderwaarheid, is dit die eerste keer dat ek enige iets wen wat so opwindend is. Ek kan nie wag om saam met my familie weg te gaan nie.”

Dié komende Saterdag sal nog twee wenners aangekondig word: dié wat na die Mabalingwe Natuurreservaat en Mabula wildreservaat gaan. Kry vandag nog jou kaartjies!

reporter04@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version