Local NewsNews

Waterbergstreekbrande laat boere met miljoene Rande skade

Die boere in die Waterbergstreek is erg beswaard oor die kwaadwillige brandstigting op hulle plase

LIMPOPO – Volgens Wayne Night, ‘n boer in die omgewing, was daar ‘n groot aantal ernstige brandgevalle die afgelope maand.

Lees meer: Vure verwoes plase buite Mokopane

“Ons bestry elke dag erge brande in die streek. Verlede week was daar brande van Boekenhout tussen Mookgophong en Modimolle op die R101 pad en nog brande net buite Roedtan op die N11.

“Twee weke gelede was daar brande in Tsamahanse, Klipspringermyn, Ysterberg, Leshoka-Thabang het totaal afgebrand en in die Immerpan-gebied was daar ook brande. Al die brande is te toevallig.”

Die wildplaas Leshoka-Thabang het totaal afgebrand.

Renita Prinsloo, Sekretaresse van Potgietersrus Distriklandbou-unie (DLU), sê die gebied het die afgelope twee weke swaar gebuk gegaan onder brande.

“Daar het reeds vroeër in die maand verskeie brande ontstaan en in ‘n stadium was daar gelyktydig vier brande wat gewoed het. Die samewerking van die hele gemeensskap was fantasties. In ‘n stadium is hulp oor die DLU noodkanale ontbied en boere van regoor die hele Waterbergstreek het kom help.”

https://www.citizen.co.za/review-online/277303/residents-saved-from-the-danger-of-a-fire-by-wof/

Prinsloo sê terwyl die boere brande geslaan het, het die vroue water, koeldranke en eetgoed na die verskillende punte geneem.

“Daar is op verskeie plekke kragonderbrekings ervaar weens kabels wat gebrand het. In ‘n stadium het die brande oor ‘n area van 6 km gebrand. Lede van Working on Fire sowel as die brandweer van Mokopane, Mookgophong en Marble Hall is ingespan om te help. Boere, hul gesinne en arbeiders het onverpoos aangehou met brandslaan.

Volgens Prinsloo het die boere groot skade gely, nie net aan geboue en weiding wat afgebrand het nie, maar ook voertuie en vuurvegters wat in die brande beskadig is.

“Philippie de Beer, Voorsitter van die DLU, doen ‘n beroep op die gemeenskap om nie enige stompies in die veld te gooi nie en brande wat ontstaan onmiddelik aan te meld ten einde so vinnig moontlik hulp te ontplooi.

“Hy vra ook dat boere deel word van georganiseerde landbou en inskakel by die DLU se noodgroepe en noodkanale.

Die Working on Fire span van Mokopane. Regs: In windererige toestande kan ‘n klein vuurtjie baie vinnig ‘n gevaar vir mens en dier word.

Volgens Mark Wreyford, Bestuurder van WoF se span in Mokopane, word boere se plase al vanaf begin Augustus geteiken.

“Die WoF-span werk van Augustus een strook deur om brande te blus op plase in die omgewing. Die span is al uitgeroep na 19 brande waarvan 90% kwaadwillig gestig is en nie asgevolg van natuurlike oorsake nie.

“Behalwe vir twee van die brande was die span die res van die tyd deurnag besig om die vure te blus tot die volgende dag.”

Wreyford sê die grootste brand wat hulle moes bestry het, was op Moordrift en die brand op Makapans wat n riller.

“Die area wat die span moes dek was in totaal 20 675 hektaar en het hulle 1 273 km afgelê. Die skade van slegs weidingverlies beloop miljoene dan praat ons nog nie eers van infrastruktuur skade nie.”

Wreyford sê hy dink nie die gemeenskap besef dat die span van WoF hulle lewens in gevaar stel elke keer as hulle uitgaan na n brand vir iemand wat hulle glad nie ken.

“Ek is verstom met hulle positiewe gesindheid en fiksheidsvlak en nie eenkeer was die manne negatief of het hulle moed opgegee, veral met die gevaarlike winderige toestande waarin hulle die vure geblus het.”

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button