Onwettige watertrokke ry water weg in Mokopane

Terwyl Mokopane worstel met 'n groot waterskaarste word daar na bewering water gesteel by brandkrane in die dorp.

MOKOPANE – Marcelle Maritz Leier van die Vryheidsfront Plus in Limpopo, sê die gemeenskap moet daarop let dat blou en rooi trokke gebruik word om onwettig water by brandkrane te steel.

“Ek pleit by die gemeenskap om nie die trokbestuurders te nader of te konfronteer nie.

“Ek het bevestiging gekry dat daardie trokke se bestuurders en passasiers gewapen is en van die inwoners is al gedeig. Die munisipale trokke is almal wit of oranje.”

Maritz het Dinsdag ingegryp na sy ‘n menigde klagtes ontvang het en toe met die tegniese-afdeling by die Mogalakwena Munisipaliteit gepraat.

“Die watertrokke wat by die brandkrane water tap is ‘n groot probleem omdat die krane vir nood gebruik word en nie gesluit kan word nie.

“Die tegniese-afdeling is besig om die waterpuntte waar die munisipale trokke mag watertap se waterdruk te verhoog omdat dit nie voldoende is nie.”

Maritz sê die munisipaliteit probeer die situasie so spoedig moontlik oplos en dan sal die wat steel die gevolge moet dra.

“Dit is vir my kommerwekkend dat ons gemeenskapslede gekonfronteer word in ons eie dorp deur misdadigers wat hulle nie steur aan wet en orde nie.

“Die Vryheidsfront Plus sal nie die watersituasie los alvorens dit nie op alle vlakke dringende aandag geniet nie.

“Die gemeenskap het die reg om te weet hoekom daar nie kontrole gehou kan word oor so baie water wat velore gaan nie.”

Malesela Selokela, Hoof van Kommunikasie by Mogalakwena Munisipaliteit het onderneem om die situasie met die hoof van tegniese-afdeling op te neem en terug te kom na Bosveld.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version