NewsSchools

Pieties troon uit met Capricorn Sweminterhoër

Swemmers van vier plaaslike skole het verlede Donderdag tydens die Capricorn Sweminterhoër by die Lyndon Ferns Swemakademie by Hoërskool Pietersburg mekaar aangedurf. Pieties is in groot getalle verteenwoordig en het hul goed van hul taak gekwyt tussen die ander drie deelnemende skole. Slegs die algehele puntestand was teen druktyd beskikbaar met PHS wat eerste geëindig …

Swemmers van vier plaaslike skole het verlede Donderdag tydens die Capricorn Sweminterhoër by die Lyndon Ferns Swemakademie by Hoërskool Pietersburg mekaar aangedurf. Pieties is in groot getalle verteenwoordig en het hul goed van hul taak gekwyt tussen die ander drie deelnemende skole.
Slegs die algehele puntestand was teen druktyd beskikbaar met PHS wat eerste geëindig het gevolg deur Pepps Polokwane Preparatory School and College, Curro Heuwelkruin en Hoër Tegniese Skool Tom Naudé.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

PHS se Alida du Preez, tydens die borsslag.
‘n Tevrede Marjoné de Beer van PHS nadat sy die borsslag gewen het.
McKay Cloete (PHS) haal diep asem in die vryslagitem.

Related Articles

Back to top button