NewsSchools
Pietie-matrieks gee hul toekomsdrome vlerke
Die tema “Gee jou drome vlerke” het Dinsdagaand by PHS Internasionale Lughawe werklikheid geword toe graad 12-leerders vir hul eerste vlug na die toekoms gearriveer het. ‘n Ontvangslokaal, aanloopbaan kompleet met wagtende vliegtuig en waardinne gereed om gaste te bedien het die matrikulante van Hoërskool Pietersburg tydens Dinsdagaand se afskeidsfunksie ingewag. Gesofistikeerde jong dames getooi …
Die tema “Gee jou drome vlerke” het Dinsdagaand by PHS Internasionale Lughawe werklikheid geword toe graad 12-leerders vir hul eerste vlug na die toekoms gearriveer het.
‘n Ontvangslokaal, aanloopbaan kompleet met wagtende vliegtuig en waardinne gereed om gaste te bedien het die matrikulante van Hoërskool Pietersburg tydens Dinsdagaand se afskeidsfunksie ingewag.
Gesofistikeerde jong dames getooi in blou, rooi en pers en afgewissel met sagte pienk of appelkoos is vergesel van jong manne in deftige aandpakke wat die koppe behoorlik laat draai het.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com