NewsSchools

Mnr. en Mej. Lente: Pieter en Kota dra dié krone

Laerskool Pietersburg-Oos is nie net bekend vir sy akademie en sport nie, maar ook vir die kultuur. Een kultuur-projek wat jaarliks tydens die derde kwartaal plaasvind, is Mnr. en Mej. Lente.

POLOKWANE – Die projek gee geleentheid vir gr.4 leerders om hul talente op die verhoog te wys. Jaarliks word twee finaliste uit elke gr.4 klas gekies om deel te neem terwyl hulle vriende hulle kan help en bystaan deur middel van danse of toneelstukke.

Finaliste van hierdie jaar was Ziné Ferns, Petrus Swanepoel, Kota Hattingh, Stehan Borman, Liané Burger, Juan Randall, Lerize du Toit, Matthew Mockford, Marné Els, Pieter Jordaan, Carli Bekker en Stephan Jansen van Rensburg.

Elke paartjie het eers net saam op die verhoog verskyn en tydens die tweede rondte moes hulle lip sinc op liedjies. Dit was dan hier waar hulle vriende hul kon help deur saam met hulle te dans.

Nadat die beoordeelaars die punte bymekaargetel het, is Kota Hattingh en Pieter Jordaan as wenners van Mnr. en Mej. Lente 2018 aangekondig.

“Ek is baie opgewonde. Ek het dit regtig nie verwag om te wen nie,” vertel Kota.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button