Die eersteseuns- en meisiehokkiespan van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) is wenners van die Limpopo Premierliga.
Die spanne kry nou geleentheid om die provinsie op 28 en 29 September by die Champion of Champions-toernooi in Potchefstroom en Klerkdorp te verteenwoordig.
Adjunkhoof, James Steele, het die skool se hokkieborg, Limpopo Toyota vir hul vertroue bedank en gesê sonder hulle hulp sou dit nie vir die spanne moontlik gewees het om sover te vorder nie.
Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za