NewsSchools
Kruinies swem vir plek in skoolspan
Leerders wat aan Curro Heuwelkruin se interne-swemgala deelgeneem het, het onlangs hul beste voetjies voorgesit om ‘n plek in die skoolspan te kry. Die gala is by Mitchell House gehou en leerders van graad 1 tot 12 kon deelneem met die hoop om in die onderskeie spanne opgeneem te word en die skool tydens vanjaar …
Leerders wat aan Curro Heuwelkruin se interne-swemgala deelgeneem het, het onlangs hul beste voetjies voorgesit om ‘n plek in die skoolspan te kry.
Die gala is by Mitchell House gehou en leerders van graad 1 tot 12 kon deelneem met die hoop om in die onderskeie spanne opgeneem te word en die skool tydens vanjaar se swemseisoen te verteenwoordig.
Swemmers het alle swemstyle meegeding om die kaf van die koring te skei.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com