Clivia-liefhebbers bederf

Die stad is die ideale plek om Clivias te plant, want die blomme is droogtebestand en benodig min water.

POLOKWANE – Dis nie ‘n moeilike plant om te laat groei nie en wenke oor hoe om die plante te laat floreer is net een van die dinge wat Pieter van Eeden, wat met Clivias boer, met belangstellendes gedeel het tydens sy onlangse Cliviaskou.

Die skou is in die Mall of the North gehou tydens die sentrum se tuinekspo.

“Clivias kom in verskillende kleure voor en daar is ses verskillende Clivia-spesies waarvan Clivia Miniata die mooiste is en dis wat ek uitstal en verkoop. Dis belangrik om te onthou dat Clivias in die skadu geplant moet word,”vertel hy.

Een van die besoekers by die skou het aan Review vertel dat sy en haar man pas in ‘n nuwe plek ingetrek het en sy geen idee gehad het wat sy gaan plant in die tuin nie maar nou heeltemal halsoorkop verlief is op die plante.

Zola Ngendrne spog met haar gunsteling Clivia.

“Ek het die Clivias al in van die kleure gesien maar nooit besef daar is so baie om van te kies nie,” vertel Anél Pieterse. Zola Ngendrne vertel dat sy van al die verskillende kleure weet, maar sy koop altyd net oranje want dit bly vir haar die mooiste kleur.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version