Donovan Suddes en Cornel Alberts kyk na een van die groen Clivias by die Polokwane Cliviaskou.
POLOKWANE – Dis nie ‘n moeilike plant om te laat groei nie en wenke oor hoe om die plante te laat floreer is net een van die dinge wat Pieter van Eeden, wat met Clivias boer, met belangstellendes gedeel het tydens sy onlangse Cliviaskou.
Die skou is in die Mall of the North gehou tydens die sentrum se tuinekspo.
“Clivias kom in verskillende kleure voor en daar is ses verskillende Clivia-spesies waarvan Clivia Miniata die mooiste is en dis wat ek uitstal en verkoop. Dis belangrik om te onthou dat Clivias in die skadu geplant moet word,”vertel hy.
Een van die besoekers by die skou het aan Review vertel dat sy en haar man pas in ‘n nuwe plek ingetrek het en sy geen idee gehad het wat sy gaan plant in die tuin nie maar nou heeltemal halsoorkop verlief is op die plante.
Zola Ngendrne spog met haar gunsteling Clivia.
“Ek het die Clivias al in van die kleure gesien maar nooit besef daar is so baie om van te kies nie,” vertel Anél Pieterse. Zola Ngendrne vertel dat sy van al die verskillende kleure weet, maar sy koop altyd net oranje want dit bly vir haar die mooiste kleur.
Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard