NewsSchools

Josef vra lesers se hulp om sy droom te verwesenlik

Josef Joubert, gr. 8- leerder en kultuuruitblinker van Hoërskool Piet Potgieter, is die enigste leerder van die skool wat deurdring na die WOW Spelfees se nasionale ronde wat op 20 Oktober in Stellenbosch sal plaasvind.

MOKOPANE – Hy vra egter die hulp van weldoeners om dit vir hom moontlik te maak.

Josef sê hy het finansiële hulp nodig vir onder meer reiskostes. Hy sal ook graag sy pa saam wil vat en sal dankbaar wees vir finansiële steun. Hy mik vir ‘n eerste plek. “Ek hou moed en ek glo dat as daar nie moed is nie, is daar nie ‘n punt om te gaan nie.”

Josef blink nie net uit op die spelgebied nie, maar gaan ook op 15 Oktober aan die Oppietongaf redenaars finale ronde in Gauteng deelneem. Tydens die Bosveld Kunsfees het hy ‘n sertifikaat ontvang vir beste bybelvoordrag in gr. 8-9 en beste bladlees in gr.8-9.

Vir meer inligting rondom borge kontak gerus vir Michelle Buitendag, HPP Skakelbeampte by (015) 491 3201 of vir Josef by 076 495 6832.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button