Local NewsNews

Vier jaar tronk toe na tref-en-trap voorval

Kevin Clerk is nadat die saak vir vier jaar gesloer het, op Maandag, 10 September, in die Mokopane Landdroshof gevonnis.

MOKOPANE – Kevin Clerk, die man wat skuldig bevind is aan strafbare manslag na die dood van ‘n inwoner in ‘n tref en trap-ongeluk, is vier jaar effektiewe tronkstraf opgelê.

Clerk is nadat die saak vir vier jaar gesloer het, op Maandag, 10 September, in die Mokopane Landdroshof gevonnis.

Hy is op 7 Junie 2014 in hegtenis geneem nadat André van den Bergh (29) in ‘n tref-en-trapongeluk dood is.

Die twee mans het na bewering laataand in ‘n gewilde kuierplek slaags met mekaar geraak.

Op 8 November 2017 is Clerk in die Mokopane Landdroshof skuldig bevind op sewe aanklagtes.

Tydens die uitspraak is verwys na die sewe aanklagtes teen hom naamlik strafbare manslag, die versuiming van pligte nakom na die ongeluk, bestuur onder die invloed van alkohol of dwelms, ‘n alternatiewe klag op oormatige hoeveelheid alkohol in bloed gevind, oortreding van die padwet soos in artikel 12A, bestuur sonder magtiging van lisensie, ‘n alternatiewe klag soos in artikel 12B van die padwet, versuim om magtige lisensie aan dokumente aan te heg en die bestuur sonder lisensie.

Nanene Engelbrecht, Van den Bergh se vriendin in die tyd wat hy oorlede is, het aan Bosveld gesê sy is nie gelukkig met die vonnis nie.

“Hy het sewe aanklagtes teen hom gehad. Dit is onregverdig. André se lewe is weggevat. Wie weet wat hy alles vandag kon bereik het.

“Vir vier jaar lank het die saak gesloer net om te hoor dat hy slegs vier jaar tronkstraf kry. Dit is absoluut onregverdig.”

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button