NewsSchools

Mnr en Mej Heuwelkruin in styl gekroon

Deon Kriel en Lara Prenzler is vanjaar se Mnr en Mej Heuwelkruin. Yvonne Claassens en Anje Dorfling is onderskeidelik as eerste en tweede prinses aangewys met Tyron Serradinho en Keanu Paulo as eerste en tweede prins. Die finaliste het vir weke in die aanloop tot die kroning planne beraam en op uiteenlopende maniere gemeenskapsprojekte aangepak …

Deon Kriel en Lara Prenzler is vanjaar se Mnr en Mej Heuwelkruin.
Yvonne Claassens en Anje Dorfling is onderskeidelik as eerste en tweede prinses aangewys met Tyron Serradinho en Keanu Paulo as eerste en tweede prins.
Die finaliste het vir weke in die aanloop tot die kroning planne beraam en op uiteenlopende maniere gemeenskapsprojekte aangepak om te wys dat hul veel meer as mooi gesiggies is.
Sommige het na kinder- en ouetehuise uitgereik terwyl ander skole en die DBV genader het om ‘n bydrae te lewer en ‘n daadwerklike verskil te maak.
Die tema vir Donderdagaand se spoggerige kroningsgeleentheid by Curro Heuwelkruin was: ‘In my Element – Water, Vuur en Aarde’. Die twaalf finaliste is in drie groepe van vier elk ingedeel en elke groep het een van die drie gekose elemente op die loopplank, met onder meer kleredrag, uitgebeeld.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Organiseerder
van Mnr en Mej Heuwelkruin, Irma Lottering, saam met Yvonne Claassens (eerste prinses), Lara Prenzler (Mej Heuwelkruin), Deon Kriel (Mnr Heuwelkruin) en Anje Dorfling (tweede prinses). Agter is Tyron Sarradinho en Keanu Paulo (eerste en tweede prins).
Foto’s: Verskaf

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button