Curro leiers gereed vir uitdaging

Die nuwe leiers vir 2019 van Curro Heuwel­kruin het onlangs hul balkies ontvang en dadelik hul verpligtinge by die uittredende leiers van die hoër- en laerskool oorgeneem. Daniël Erasmus en Thalia Pereira is die nuwe skoolkapteine van die hoërskool, terwyl Leard Prenzler en Ashden Venter die viseskoolkapteine is. Anje Dorfling en Roelof Neuhoff is die …

Die nuwe leiers vir 2019 van Curro Heuwel­kruin het onlangs hul balkies ontvang en dadelik hul verpligtinge by die uittredende leiers van die hoër- en laerskool oorgeneem.
Daniël Erasmus en Thalia Pereira is die nuwe skoolkapteine van die hoërskool, terwyl Leard Prenzler en Ashden Venter die viseskoolkapteine is. Anje Dorfling en Roelof Neuhoff is die adjunk-skoolkapteine.
Die laerskool se hoofseun en hoofdogter is Zia Moti en Rebotile Letshedi, met Bernard Cigana en Barati Motsepe as onderhoofseun en onderhoofmeisie.
Daniël sê hul leiers se verantwoordelikheid is onder meer om medeleerders se skoolervaring aangenaam te maak en as ‘n skakel tussen die beheerliggaam, leerkragte en leerders te dien. “As leiers moet ons sorg dat die tradisies in die skool in stand gehou word en dat daar ‘n gesonde gees heers,” meen Thalia.
Rebotile wil respek vir leerkragte bevorder en personeel en leerders saamsnoer. “Ons moet soos ‘n groot familie wees,” sê sy. Zia wil die skool na nóg groter hoogtepunte lei en leerders gelukkig en trots op hul skool maak.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Barati Motsepe, Zia Moti, Rebotile Letshedi, Bernard Cigana, Anro Botma en Wouter Chalmers, voor, met Vaughn van Vuuren, Hanno van Zyl, Lefokane Mokgohloa, Marnie Nel, Linné Nieuwoudt, Genevieve Trueman, Tania Rosslee, Marius Nel en Jayden Keating in die eerste ry. In die tweede ry is Graeme Engelbrecht, Tshegofatso Thubakgale, Palesa Phogole, Janell Khosa, Tumisho Mabeda en Mea Collen, met leerkragte Suzanne van Staden, leiervoog, Freddie du Preez, laerskoolhoof en Robert Marriott, leiervoog, agter. Hlomphi Masemola was afwesig.
Exit mobile version