POLOKWANE – “Die kleinste geelhoutboom is die Breederivier Geelhout en dit is veral geskik vir klein tuine. Geelhoutbome maak ook goeie bonsaiprojekte.”
Esla vertel dat daar vier spesies geelhoutbome in Suidelike Afrika, is naamlik Afrocarpus henkelii, Afrocarpux elongatus, Afrocarpus falcatus en Afrocarpus latifolius.
“Die Afrocarpus latifolius is Suid-Afrika se nasionale boom. Geelhoutbome is tweeslagtig, wat beteken dat hulle manlike en vroulike voortplantingsorgane op afsonderlike plante het. Manlike keëltjies is regop en wanneer dit jonk is, is dit romerig met ‘n pienk punt. Die vroulike keëltjies is alleen en het kort stingels met slegs een of twee skubbe, elk met ‘n enkele, taamlik klein saad.”
Sy vertel dat die boom deur Suid-Afrikaanse bosbou asook natuurbewaringwetgewing beskerm word.
“Die Breederivier Geelhout is harder en meer droogtebestand as ander Suid-Afrikaanse geelhoutsoorte en maak ‘n aantreklike mediumgrootte tuinboom.”