Local NewsNews

Boom van die Jaar meer as net ‘n boom

September is boomplantmaand en tydens die maandelikse vergadering van die Vroue Landbou Unie se Finesse Aandtak, het een van die lede, Esla Snyman, die tak meer verel van die Geelhoutboom.

POLOKWANE – “Die kleinste geelhoutboom is die Breederivier Geelhout en dit is veral geskik vir klein tuine. Geelhoutbome maak ook goeie bonsaiprojekte.”

Esla vertel dat daar vier spesies geelhoutbome in Suidelike Afrika, is naamlik Afrocarpus henkelii, Afrocarpux elongatus, Afrocarpus falcatus en Afrocarpus latifolius.

“Die Afrocarpus latifolius is Suid-Afrika se nasionale boom. Geelhoutbome is tweeslagtig, wat beteken dat hulle manlike en vroulike voortplantingsorgane op afsonderlike plante het. Manlike keĆ«ltjies is regop en wanneer dit jonk is, is dit romerig met ‘n pienk punt. Die vroulike keĆ«ltjies is alleen en het kort stingels met slegs een of twee skubbe, elk met ‘n enkele, taamlik klein saad.”

Sy vertel dat die boom deur Suid-Afrikaanse bosbou asook natuurbewaringwetgewing beskerm word.

“Die Breederivier Geelhout is harder en meer droogtebestand as ander Suid-Afrikaanse geelhoutsoorte en maak ‘n aantreklike mediumgrootte tuinboom.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button