Goue oues wys hulle het nog skóp

Die 93-jarige tannie Hanna Landman is Saterdag as die 11de Mev. Golden Oldies gekroon tydens die jaarlikse Golden Oldies Motorfietsbyeenkoms.

POLOKWANE –  Sy, tesame met oom André Sans, wat as Mnr. Golden Oldie gekroon is, het saam met motorfietsryers en ander inwoners van Martha Hofmyer Ouetehuis en Vergeet-My-Nie Behuising heupe geswaai op die musiek van Gypsie G.

Wenners van Mnr. en Mev. Golden Oldie saam met motorfietsryers. Hier is Ian Saunderson (Metal of Honor, President), André Jacobs, Hanna Landman (Mev. Golden Oldie), André Sans (Mnr. Golden Oldie) en Beverly Els (Kargo).

Reeds vroeg die oggend het die tannies van Vergeet-my-Nie en motorfietsryers gereed gestaan om ongeveer 117 borde ontbyt te voorsien. Daarna is daar heerlike speletjies gespeel en het die K9-Academy se honde ‘n vertoning gelewer. Daar was ook gelukkige trekkings gehou en die kinders is heerlik vermaak.

Jacoline Kruger en haar man, Stefan, is gereed vir al die speletjies by die Golden Oldies motorfietsbyeenkoms.

Golden Oldies word jaarliks aangebied ten bate van Martha Hofmeyr Ouetehuis en Vergeet-my-Nie Behuising. Metal of Honor Motorfietsklub, tesame met Kargo reël hierdie geleentheid waartydens van die bejaardes ook geleentheid kry om op die motorfietse te ry.

Lynn Promnitz kuier saam met Wilma Prinsloo en Ian Duncan by die Golden Oldies.

Die President van Metal of Honor, Ian Sauderson, vertel dat die dag ‘n reuse sukses was.

“Ons bedank almal wat elke jaar vir ons ondersteun en help om ‘n groot som geld aan die inwoners van die ouetehuis en behuising te kan gee.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version