Groot pret, groot pryse by Kameeldoring Gholfklub se jaarlikse Musiekfees

As jou voete jeuk, maak seker jy kry hulle by die gewilde jaarlikse Kameeldoring Gholfklub Musiekfees vanaf Woensdag, 19 September tot Saterdag, 22 September.

MOKOPANE – Dié musiekfees word vanjaar vir die derde keer by die klub gehou en bekende musikante gaan vir lekker vermaak sorg terwyl die gholfspelers hul vaardighede op die gholfbaan deur die dag gaan uittoets. Slegs die gholfspelers moet ‘n bedrag van R2 200 betaal om deel te neem, maar vir die feesgangers is die toegang gratis.

Daar sal heerlike pizza’s tydens die fees beskikbaar wees. Johanna Kgosana en Tulani Moyo is handig voor die pizza oond.

Nadiene Brews, Bestuurder van die klub, sê: “Ons is baie opgewonde oor die musiekfees en Piet Pompies is vanjaar die seremoniemeester. Dit gaan ‘n heerlike tyd wees en ons nooi almal uit om die fees saam te kom geniet. Bouwer Bosch, Ampie en Appel sal vir die eerste keer hier in Mokopane ‘n draai maak by die fees. Behalwe die fees is die Kameeldoring Gholftoernooi ook wyd bekend en lok spelers van oral. Van die spelers is al vir 10 jaar deel van die toernooi. Ons het sowat 180 tot 200 gholfspelers elke jaar en vanjaar sal die toernooi in ‘n beterbal formaat gespeel word oor die vier dae.

Soos gewoonlik is daar weer lekker pryse op die spel.

Nadiene vertel dat feesgangers en deelnemers ook die musiekvermaak van Piet Pompies na die prysuitdelingseremonie op Saterdag kan geniet. “Gewoonlik is daar geen musiek na die prysuitdeling nie, maar hierdie keer gaan Piet Pompies sorg vir top vermaak.”

Dora Taje en Moses Masalesa gereed om gholfspelers te verwelkom.

Nadiene raai feesgangers aan om vroeër op te daag aangesien parkering ‘n probleem raak. Sy sê: “Ons probeer om plan te maak sodat daar meer parkering is, veiligheid is nie ‘n bekommernis nie omdat ons sekuriteitswagte het wat na die motors sal omsien.”

Kom smul ook aan heerlike kos en drinkgoed vanuit die klub se kombuis of by een van die stalletjies. Vir die kinders is daar ‘n springkasteel. Eie drank word nie toegelaat nie, maar ‘n kontantkroeg met kaartfasiliteite is beskikbaar.

Wat vermaak aan betref sal Niel Somers en Pieter Smith Woensdagaand,19 September optree, Ampie en Jay Donderdagaand, 20 September, Bouwer Bosch en Appel Vrydagaand, 21 September en Piet Pompies Saterdagaand 22 September net na die gholf prysuitdeling.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version