NewsSchools

Wat op aarde is ‘n pampier vampier? – Gr R’e vertel

Review het by die gr. R-leerders van Laerskool Pieterburg-Oos gaan kuier om te hoor wat dié volksvreemde woord beteken.

POLOKWANE – Kinders maak soms hulle eie woorde op, woorde wat net hulle die betekenis van weet. Dan is daar ook woorde wat hulle nog nooit gehoor het nie. Een so ‘n woord is Pampier-vampier, beter bekend as die krambinder.

Review het by die gr. R-leerders van Laerskool Pieterburg-Oos gaan kuier om te hoor wat dié volksvreemde woord beteken.

Byron Bradbury: ‘n Pampier-vampier is ‘n tipe van karton papier.
Leané de Lange: Nee, ek dink dit is sommer net gevone papier met ‘n snaakse naam.
Reinhardt de Vries: ‘n Pampier-vampier eet net papiere en niks anders nie.
Ila Botha: ‘n Pampier-vampier hou baie van wit en hy bly erens waar dit mooi is.
Joné Eloff: Dit is iets wat papier eet.
Zander Raath: ‘n Pampier-vampier is iets soos Dracula, maar hy eet papier en bly waar daar baie bome is, soos ‘n woud.
Rikus van Heerden: Ek dink ‘n pampier-vampier is ‘n vampier wat in paper bly.
Ruben O’Reilly: ‘n Pampier-vampier is ‘n vampier wat al die papeir opeet en hy bly in die woud.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button